
Rikus van Zyl shares his experiences and insights as a rural minister in the Vrystaat.
“Ek wil nooit ’n dominee op die platteland wees nie!” Hoe baie moes ek dit al hoor. Of iets soortgelyks. Veral onder jonger dominees deesdae. Ja, hulle sien dalk nog kans vir “’n klein plekkie langs die see”, sal hulle dan opmerk — die roeping Kaap toe loop al sterker — maar nie sommer vir ’n klein plekkie in die Vrystaat of Noordkaap nie. “Ek sal gaan,” sê iemand, “maar net as ’n Engel self die boodskap bring.” Rikus van Zyl is ’n dominee op die platteland in die Vrystaat, op Edenburg, 80km suid van Bloemfontein, en sy oë blik as hy oor die bediening praat. Die platteland is in Rikus se murg. Hy onthou sy grootwordjare in Wesselsbron. Hulle was mielieboere, hy gereeld gaan visvang, elke aand was daar huisgodsdiens, Sondae as gesin kerk toe . . . daai tipe lewe. En toe gebeur ’n amper tragiese ding . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Host: Jaco Strydom
Guest: Rikus van Zyl
Places: Vrystaat, Edenburg, Bloemfontein, Wesselsbron
Explore listener stats, chart rankings, contacts and more on the Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom podcast page.