
Insights from recent episode analysis
Audience Interest
Podcast Focus
Publishing Consistency
Platform Reach
Insights are generated by CastFox AI using publicly available data, episode content, and proprietary models.
Most discussed topics
Brands & references
Total monthly reach
Estimated from 1 chart position in 1 market.
By chart position
- 🇿🇦ZA · Christianity#187500 to 3K
- Per-Episode Audience
Est. listeners per new episode within ~30 days
150 to 900🎙 Daily cadence·10 episodes·Last published 4d ago - Monthly Reach
Unique listeners across all episodes (30 days)
500 to 3K🇿🇦100% - Active Followers
Loyal subscribers who consistently listen
200 to 1.2K
Market Insights
Platform Distribution
Reach across major podcast platforms, updated hourly
Total Followers
—
Total Plays
—
Total Reviews
—
* Data sourced directly from platform APIs and aggregated hourly across all major podcast directories.
On the show
From 10 epsHosts
Recent guests
Recent episodes
Preek | Sondag 21 Junie – Heinrich Dry
Jun 20, 2026
Unknown duration
Preek | Sondag 14 Junie – Deon Botha
Jun 13, 2026
Unknown duration
Preek | Sondag 7 Junie – Pieter Roeloffse
Jun 6, 2026
Unknown duration
Preek | Sondag 31 Mei – André Serfontein
May 30, 2026
Unknown duration
Preek | Sondag 24 Mei – André Serfontein
May 23, 2026
Unknown duration
Social Links & Contact
Official channels & resources
Official Website
Login
RSS Feed
Login
| Date | Episode | Topics | Guests | Brands | Places | Keywords | Sponsor | Length | |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| 6/20/26 | ![]() Preek | Sondag 21 Junie – Heinrich Dry | Vandag saam met SG Ons het die afgelope paar weke uit die boek van Handelinge gepraat hoe die HG sy kinders, sy gemeente en sy wil vir sy kerk uit te leef. Die reeks het begin tydens Pinkster en vandag sluit ons die reeks af deur die Gees wat ons lei. Hoe weet ek wanneer die Gees my lei in my besluite, my optrede? Hoe help die Gees my onderskei wat God se wil is? … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam: | — | ||||||
| 6/13/26 | ![]() Preek | Sondag 14 Junie – Deon Botha | Vandag saam met SG Soms breek planne of drome. Soms breek vriendskappe. Soms breek harte. Jesus het dit so goed verstaan – die aand toe Jesus saam met sy vriende geëet het, het Hy die brood geneem, dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit om my te onthou.” Ons onthou vandag dat Jesus se liggaam ook gebreek is wanneer ons saam die nagmaal gebruik. Kry gerus vir jou tekens van die nagmaal voor jy na hierdie preek kyk of saam luister. … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam: | — | ||||||
| 6/6/26 | ![]() Preek | Sondag 7 Junie – Pieter Roeloffse | Vandag saam met SG Ons gee vandag ‘n volgende tree op die spoor van die Gees se beweging in die boek Handelinge. Wanneer jy jou Bybel sou oopmaak daar in die begin van Handelinge dan sal jy sien daar staan “Die Handelinge van die apostels”. Tog, as jy Handelinge lees, kom jy agter dat dit eintlik Die Handelinge van die Gees is en die apostels (gestuurdes) en die kerk moet die heeltyd skarrel om by te bly by die uitkringende beweging van die Gees. Ons het sover gesien: Die Gees gee, vorm, stuur… Die Gees gee (Homself soos Jesus, gee krag, insig, gawes…), die Gees vorm (individue & die kerk), die Gees stuur (soos André so mooi gesê het, na elke plek waar ons reeds is maar Hy stuur ons op ’n nuwe manier daarheen). Vandag ontdek ons “Die Gees verruim” … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam: | — | ||||||
| 5/30/26 | ![]() Preek | Sondag 31 Mei – André Serfontein | Vandag saam met SG Die Gees stuur ons nie uit die wêreld uit nie, maar eerder ’n tree of twee nader aan die realiteit van ons wêreld. – André Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam: | — | ||||||
| 5/23/26 | ![]() Preek | Sondag 24 Mei – André Serfontein | Vandag saam met SG Waar begin jóú storie met die Heilige Gees? Genesis 1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam: | — | ||||||
| 5/14/26 | ![]() Hemelvaart | Soos in die Hemel, so ook op die aarde | 18Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. 22Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.” Efesiërs 1:18-23 “Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul.” Efesiërs 4:10 Hemelvaart en Pinkster word beskryf as die skarnier-oomblik in die Jesus-beweging: Jesus na die hemel — Die Gees na die aarde. Ons hoor iets van die skarnier by Paulus as hy skryf dat dieselfde kragtige werking in ons aan die werk is, as die kragtige werking wat Jesus uit die dood opgewek, en geneem het na die regterhand van God. (1:19-20) Met Hemelvaart onthou ons Jesus se troonbestyging as Koning: Jesus word verhef hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy. Alles word aan Hom onderwerp. Hy word bo alles verhef. Hy word aangestel as die hoof die kerk. (1:21-22) Met Hemelvaart onthou ons die geboorte van die kerk as die liggaam van Christus: Die kerk is Sy liggaam. Nie sóós Sy ligaam of ’n uitbeelding van Sy liggaam nie. “Die kerk ís Sy liggaam.” Om dit te laat insink beskryf Paulus die omvang daarvan: “Die volheid van Hom wat alles in almal vervul.” Ons het dus nodig om ons self af te vra: Hoe het die volheid gelyk wat Jesus kom wys het? Want dít is die volheid wat Hy deur ons in almal wil vervul. Soos Philip Yancey skryf: “When Jesus departed, He left the keys of the kingdom in our fumbling hands.” Wanneer jy, soos ek, wil terugdeins voor hierdie skrikwekkende idee dat ons Sý volheid in alles en almal moet vervul is dit belangrik om twee goed te onthou: Ons moet onthou dat Jesus regeer. Dat Hý die hoof van die liggaam is. Dat Hy in beheer is. Dat Hy die aard/styl van die beweging bepaal. Dat die liggaam met Hóm moet sinkroniseer. Ons moet onthou hoe het hierdie volheid van Jesus lyk – deur die styl, ritme, aard van Sy beweging aan te leer. Onthou Sy volheid was soms net te gewoon vir party, net te omhelsend vir ander, net te liefdevol, te genadig, te aards… Natuurlik sou ons verkies het dat Jesus fisies self hierdie volheid oral, in almal, kom vervul en dit nie deur ons “fumbling hands” wil doen nie. Onthou Hy gee die belofte by Sy troon-bestyging: “En onthou, Ek is met julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Mag Augustinus se woorde ook vir jou waar wees hierdie Hemelvaart: “You ascended from before our eyes, and we turned back grieving, only to find you in our hearts.” Daarom bid ons, soos ons saam met die dissipels die berg af, na die lewe toe stap: Die eerste tree, Here, loop ek agter U aan en kyk mooi wat U doen. U het nie mag gesoek nie, nie rykdom of byval nie. U het mens geword In die gestalte van een van die nederigstes, misverstaan en verag. Hulle het oor U die kop geskud, hulle het agter die hand oor U gepraat. Hulle het gesê U is gevaarlik en U voor die regter gesleep. Hulle het U geslaan en bespuug en U doodgemaak. My eer, Here, is die kiem van die tweedrag tussen my en die mense. My trots is die kiem van haat. Maar U kniel voor my en was my skoon en maak my vry. Daarom het God U verhef en U as maatstaf gestel vir alle mense. Ek is nog maar aan die begin, nog besig met die eerste tree. Nou vrees ek vir my reputasie en dat ek verag gaan word. Neem my hierdie tree met U saam Dat ek deur U vry kan word. Here, U buig U voor my. Ek buig voor die geheimenis van u pad. — deur Jorg Zink Luister ook saam na hierdie lied, spesiaal geskryf deur Stephan Cloete en Heléne Burger, om saam Hemelvaart te vier. | — | ||||||
| 5/10/26 | ![]() Preek | Sondag 10 Mei – Pieter Roeloffse | Vandag saam met SG Voel jy soms ontuis in jou vel, ons land, die tydsgees? Drome jy soms hemelse ontvlugtingsdrome? Wat as die hemelvaart ons dalk juis uitnooi en aanmoedig om tuis te kom in ’n lewe saam met die Tuisteskepper-God? – Pieter … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam: | — | ||||||
| 5/8/26 | ![]() NA-LEEF gedagte | Sién jy die opstanding? | “It has to be believed to be seen.” Willy Wonka / U2 Het jy al ooit ’n nuwe woord of konsep, of aangrypende nuwe musiek gehoor, of ’n nuwe kledingstuk of skoene of brand gekoop, of dit selfs oorweeg om ’n nuwe ryding te koop en dan gebeur die vreemde dat jy hierdie “nuutheid”, wat dit ookal is, om elke hoek en draai sien? Hierdie verskynsel word die “Baader-Meinhof Phenomenon” genoem. Die gedagte is eenvoudig: dat jy meer gereeld herken waaraan jy jou verbind het. Ek sou wou sê: dat jou sintuie ontwaak vir dít waaraan jy jou verbind het. Vanuit ons huidge reeks “Herken die opstanding” wonder ek of dit ook wat die opstanding betref geldig is en hoe dit dan sou werk. ’n Jong getroude paartjie, hoor die ander dag hulle is swanger. Daar is nuwe lewe wat bot. Hul huis word belyn met die koms van die verwagte lewe. Haar eetgewoontes en ’n paar ander gewoontes word belyn met die koms van die nuwe lewe. Sy verander ’n paar ritmes. Die pa maak selfs ’n afspraak met hul finansiële raadgewer en pas maande vooruit hul persoonlike finansies aan. Hulle lees ander artikels, voer ander gesprekke, verander hul dieet, beplan en doen dinge anders. Hul menswees verander nie noodwendig dramaties nie — maar hul verwagting skuif beslis hul bewustheid en hulle leef baie meer gefokus op die nuwe lewe soos wat hulle al swangerder en swangerder word. So is dit ook wanneer jy spreekwoordelik swanger word met die opstanding. Jy kan nie help dat dit jou identiteit, bewussyn, fokus en leefwyse meesleur en vorm nie. Die ander dag besoek ek ’n ma van drie klein asempies en ons gesels diep, verby die oppervlak, oor die lewe en geloof. Tussendeur, nog voor dit gebeur, gee sy hier vir enetjie iets aan, keer sy daar vir ’n ander een, praat sy met elkeen van hulle, maak sy koffie, bottels en ’n speelpark vir die kinders se tuiswees. Sy lees die realiteit rondom haar as ’n moeder en sy tree die heeltyd, amper instinktief, moederlik op. Sy’s dieselfde mens maar sy het ’n nuwe, verruimde bewussyn. Sy kan haarself nie help as om alles anders te sien nie. Sy’t as’t ware ’n nuwe identiteit. So is dit ook met die nuwe lewe van die opstanding. Jy kan nie help om dit herken nie, om toe te laat dat dit jou manier van wees beïnvloed nie. Jy kan dit nie aan en af sit soos wat jy dit nodig kry nie – want dit is iets wat met jou gebeur. Tannie Rosa vertel vandag, met my vra oor oom Chris se aansterk in die hospitaal, ’n klomp wonderlike, mooi, alledaagse geloofstories. Erens vertel sy hoe dankbaar sy is vir haar kinders en hul ondersteuning. Sy vertel van haar seun uit Gauteng wat nou kom kuier en ondersteun het met ’n klompie baie praktiese alledaagse dinge wat sy nie nou voor raad gehad het nie, en hoe hy kon help daarmee. Dan sê sy “Ons bid en vra die Here om ons te help en dan verwag ons ’n engel of iets…maar dan stuur Hy mense om ons te help. En dit is hoe God nog altyd vir ons help, deur mense.” Haar vertroue op God en haar jare lange belewenis van God verander haar seun se besoek tot ’n opdaag namens God. Tannie Rosa en oom Chris het oor jare deur moeilike en wonderskone landskappe deur ontdek hoe dit lyk om saam met die lewende teenwoordige God te leef. Hulle kan nie anders as om die lewe en God se beweging in die alledaagse te herken nie. Frederick Buechner nooi ons uit: “Listen to your life. Listen to what happens to you because it is through what happens to you that God speaks. . . . It’s in language that’s not always easy to decipher, but it’s there powerfully, memorably, unforgettably.” Om die opstanding te herken vra dat jy die eerste opstanding in jou hart moet graveer, jouself as ’n opstandingsmens moet sien en dan op die Gees moet vertrou om jou te help om die herskeppende lewe, waarmee Gód besig is, oral rondom jou en in jou te herken. Ons sien hierdie herkenning langs teleurstelling se wegloop-pad, by ’n bang-wees-wegkruip-plek, in die alledaagse frustrasie van mislukte pogings, by ’n brood breek saam met ’n vreemdeling, ’n visbraai saam met vriende en langs ’n vuur van verleentheid. Wanneer ons later lees van Paulus se botsing met die Opgestane Jesus in Hand. 9 dan sien ons (soos met Maria, die dissipels, Tomas, die Emmaus-gangers en met Petrus) dat daar iets van ’n bekering, ’n rigtingverandering en ’n nuwe self-verstaan in hulle gebeur. Dan kan hulle nie help om die nuwe-lewe-beweging raak te sien en daarby aan te sluit nie. Mag jy die opstanding al meer herken. Na-leef teks “Ons het die Here gesien.” Dissipels aan Tomas “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het.” Efesiërs 1:18-20 Na-leef vrae Wat sou jy sê is die herkenbare karaktertrekke van die opstanding? Waar het jy onlangs die opstanding herken? / Waar het jy onlangs ’n behoefte daarna herken? Jesus vra vir ’n blinde Bartimeus “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?” Waarop Batimeus antwoord “Rabbi, dat ek kan sien.” Om die opstanding te herken het jy dalk nie ’n Geneesheer nodig nie, maar ’n Rabbi wat jou kan leer om dit te herken. Vra die Gees, in jou eie woorde, dat jy die opstandingslewe al meer wil sien. | — | ||||||
| 5/3/26 | ![]() Preek | Sondag 3 Mei – Deon Botha | Vandag saam met SG “Wat as ‘n opstandingslewe baie meer toeganklik of beskikbaar is, as wat ons dink? Jy hoef nie een of ander spesiale wonderwerk te beleef of geestelike hoogtepunt te bereik om te ervaar hoe die opstanding ook in jou gebeur nie. Jy sal hopelik vandag ervaar en sien dat die opstanding in ons alledaagse lewens herkenbaar is.” – Deon … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam: | — | ||||||
| 4/18/26 | ![]() Preek | Sondag 19 April – Heinrich Dry✨ | faithscripture+1 | — | — | — | heart burningSkrifte+3 | — | 25m 09s | |
| 4/11/26 | ![]() Preek | Sondag 12 April – Pieter Roeloffse✨ | ChristianityResurrection+3 | Eugene Peterson | SGHerken die opstanding | lewende lywe | opstandingJesus+3 | — | 32m 27s | |
| 4/4/26 | ![]() Preek | Opstandingsondag – André Serfontein✨ | ChristianityResurrection+3 | — | — | — | Johannes 1Woord+3 | — | 33m 54s | |
| 4/2/26 | ![]() Preek | Goeie Vrydag – André Serfontein✨ | ChristianityEaster+3 | — | Christelike | — | Goeie VrydagPaasfees+3 | — | 31m 06s | |
| 3/28/26 | ![]() Preek | Sondag 29 Maart – Pieter Roeloffse✨ | faithspirituality+3 | — | — | beheer | hearts hardeningnew world+3 | — | 22m 28s | |
| 3/18/26 | ![]() NA-LEEF gedagte | Gelukkig is jy wat huil (2)✨ | griefhuman emotion+3 | — | net ’n sugGeseënd is die wat treur | — | huiltreur+5 | — | 7m 03s | |
| 3/18/26 | ![]() NA-LEEF gedagte | Geseënd is dié wat huil (1)✨ | griefblessing+3 | — | trane troos teleurstellingGeseënd is die wat treur | trane vloeirots-van-Gibraltar+3 | Geseënd is dié wat huiltreur+3 | — | 6m 11s | |
| 3/14/26 | ![]() Preek | Sondag 15 Maart – André Serfontein✨ | Psalmslament+3 | — | — | — | Psalms of lamentpain+4 | — | 27m 55s | |
| 3/11/26 | ![]() NA-LEEF gedagte | Wie help jou om mens te word?✨ | humanitytechnology+3 | — | the Royal Naval College | CanadaEngland+3 | Azar Nafisipolarization+3 | — | 6m 54s | |
| 3/7/26 | ![]() Preek | Sondag 8 Maart – Pieter Roeloffse✨ | Kingdom of Godspirituality+3 | — | — | — | blessed are the poor in spiritKingdom of Heaven+3 | — | 31m 57s | |
Showing 19 of 10
Sponsor Intelligence
Sign in to see which brands sponsor this podcast, their ad offers, and promo codes.
Chart Positions
1 placement across 1 market.
Chart Positions
1 placement across 1 market.
